HEIDELBERG NUUS - Die Turtles-krieketspan is by vanjaar se Paaskriekettoernooi as die Cup-kampioen gekroon nada hulle by dié ses-aan-'n-kant-toernooi met al die spanne afgereken het.
Turtles het die Wynland Mongolians in die eindstryd met 14 lopies geklop het.
Die toernooi is sedert 2018 'n jaarlikse instelling, onder leiding van die Wynland Vriendekring, wat hulle daarvoor beywer om fondse in te samel om instansies en individue, wat dit nie so breed het nie, finansieël te ondersteun.
Vennito van Niekerk, Wynland-voorsitter, is vanjaar se begunstigdes die Young Royal Shepherds-kersfeeskoor wat beplan om meer jeugdiges musikaal op te lei.
Vanjaar se inskrywingsfooie het R400 per span beloop en met die toernooi is altesame R36 000 ingesamel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’