Update
HESSEQUA KRIEKETNUUS - 'n Verkorte weergawe van die burgemeester, raadslid Grant Riddles se ses-'n-kant-kriekettoernooi op Riversdal, wat vanjaar vir die derde keer aangebied word, sal Vrydag, 4 Junie afskop.
Die eindronde sal op Jeugdag, 16 Junie gespeel word. Die korter weergawe is noodsaaklik weens die Covid-19-inperkingregulasies.
Die toernooi het vir die eerste keer in 2018 afgeskop na Ampie Moses die munisipaliteit vir moontlike befondsing, as deel van kankerbewusmaking, genader het. Die 2019-toernooi is aan Moses opgedra, wat intussen sy stryd teen kanker verloor het. 'n Rekordgetal van 37 spanne het ingeskryf.
Inskrywings vir vanjaar se toernooi sluit op 7 Mei. Vorms is by Leighton Lawak by Riversdal se Thusong-dienssentrum in Van den Bergstraat beskikbaar. Fooie beloop R200 per span en elke span moet hul eie toerusting voorsien. Slegs 16 spanne sal toegelaat word. Enige navrae kan aan Lawak (028 713 7803) gerig word.
Die 2019 B-afdelingwenners.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'