HESSEQUA NUUS - Vollies en JC Slagtery spog met hul 16de jaarlikse JC Slagtery 6'e-toernooi. Die leerders het uitstekende krieket gespeel, maar op die einde van die dag het Noord-Eind en Boishaai deurgedring na die finaal. Noord-Eind in die Paarl het met vanjaar se ses-aan-'n-kant-titel weggestap.
Die gewilde toernooi is 'n jaarlikse instelling op die skolekalender en sou nie kon plaasvind sonder die hoofborg, Anton Swart van JC Slagterye nie. Laerskool Volschenk waardeer dit opreg.
Die skool bedank ook elke persoon wat gehelp het om die naweek 'n groot sukses te maak.
Noord-Eind se wenspan en John-Charles Swart
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'