RIVERSDAL KRIEKET NUUS - Riversdal-krieketklub sal hul algemene jaarvergadering op Maandag 13 Mei in Riverville-stadion se saal hou.
Die gemeenskap word uitgenooi om dit om 18:00 by te woon. Nuwe ampsdraers sal verkies word. Belangstellendes en nominasies is welkom.
"Ons is op soek na sterk administratiewe beamptes wat die klub na nog hoër hoogtes kan neem," het die voorsitter, Jason van Rensburg gesê.
Hy het ook genoem dat hy na 10 jaar geen plek op die bestuur wil vul nie. "Dit is tyd vir verandering en dit móét by my begin. Enige persoon met 'n liefde vir sport en begeerte om geestelik te groei, is die regte kandidaat. Jongmense is welkom."
Vir enige navrae skakel Van Rensburg by 071 875 0254.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'