Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Die Ampie Moses Ses-'n-kant KANSA-krieketfees het Maandagaand 23 September op Riverville-sportveld afgeslaan.
Altesaam 34 spanne, waarvan vyf vroue-spanne is, vanoor die hele Hessequa neem vir die volgende aantal weke tot 19 Oktober aan die reeks deel.
Die toernooi dra vanjaar vir die eerste keer die naam van Ampie Moses, wat die toernooi sowat 15 jaar gelede begin het. Hy het op 7 Mei vanjaar sy stryd teen kanker verloor en sy weduwee Annie, dogters Annerie en Monique en hul kleindogters Andrea en Joy het die openingswedstryde bygewoon.
Die kompetisie is amptelik geopen met Annie wat die eerste bal boul en burgemeester Grant Riddles wat kolf.
"Ons bied die fees aan om ons jong mense besig te hou en ons betrokkenheid by die gemeenskap te toon," het Riddles gesê.
Die spanne se inskrywingsfooi, hekgeld en die geld van die snoepgoed wat verkoop word gaan na KANSA.
Al die wedstryde begin om 18:00 en almal word op Riverville gespeel.
Kyk 'n video hieronder:
Speelrooster
Maandag 23 September
Speaker's Fireballs teen Legend Killers; Cansa Strikers teen Cansa Buddies; MCB teen State Boys.
Dinsdag 24 September
SSK Murder teen City Youngsters; Just Victory teen SA Travel; Revivals teen Pink Ladies; Cansa Strikers teen Epic Queens; Classic 6 teen Unknown Heavies.
Woensdag 25 September
P-Squad teen Wild Cats; HUCC Strikers teen India; Combiners teen Strike Force.
Donderdag 26 September
Full Cream Pandas 2 teen Deck Boys; J- Square teen Attackers; Gents teen Wu Tan Clan.
Vrydag 27 September
B4L teen Mohicans; Revivals teen Epic Queens.
Sondag 29 September
WU KLAS teen Fun Brothers 1; Cansa Buddies teen Pink Ladies; Fun Brothers 2 teen Offenders.
Burgemeester Grant Riddles saam met Annie Moses, wyle Ampie Moses se weduwee, speaker Andrew Stroebel en onderburgemeester Johannes Hartnick voor die aanvang van die krieketfees by Riverville-stadion.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'