STILBAAI NUUS - Laerskool Bertie Barnard en Voorwaarts Primêr se o.13-krieketspanne het mekaar Donderdag 23 Oktober in Melkhoutfontein gepak en Berties was aan die wenkant met 23 lopies.
Adam Bekker en Katrien van Wyk was vuurwarm, met Katrien wat 4 paaltjies gevat het vir slegs 12 lopies en Adam se 50 lopies nie uit nie.
Daar wag 'n besige paar dae op hulle met 'n wedstryd teen De Waalville in Heidelberg op Dinsdag 28 Oktober en dan Donderdag teen Evertsdal van Durbanville af.
Vrydag en Saterdag is daar boonop 'n ses-aan-'n-kant-toernooi by Laerskool Volschenk in Riversdal.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’