STILBAAI NUUS - Laerskool Bertie Barnard se o.11-krieketspan het Dinsdag 28 Oktober besoek ontvang van die span van De Waalville Primêr al die pad van Heidelberg.
Die wedstryd wat oor 15 beurte beslis is het in 'n goeie gees plaasgevind met Berties wat uiteindelik as oorwinnaars van die veld gestap het.
Uitblinker met die kolf was Berties se Given Nyathi met 43 lopies van 40 balle en met die bal het John-Luke Louw, ook van Berties, uitstekend geboul.
Die wedstryd het in Melkhoutfontein plaasgevind aangesien die skool se veld nog herstel nadat die besproeiing ingesit is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’