STILBAAI NUUS - Die tweede Bertie Barnard besigheidsliga-kriekettoernooi van 2025 het vir opwindende krieket gesorg met die halfeindstryde en eindstryd wat Sondag 9 November in Melkhoutfontein gespeel is.
In die eerste halfeindstryd was dit Alonza wat met Droëvlakte kragte gemeet het en in die tweede halfeindstryd het Bertie Barnard teen Amana te staan gekom.
Droëvlakte en Bertie Barnard het na twee taai wedstryde na die eindstryd deurgedring en die tafel was gedek vir goeie krieket.
Bertie Barnard het met uitstekende grenshoue die beter krieket gespeel en hulle is as die kampioene gekroon.
Met die prysuitdeling het Bertie Barnard se skoolhoof, Nicky Deetlefs, gesê dat daar baie goeie vriendskapsbande tydens die hele toernooi gesmee is en dit is waaroor hierdie liga gaan.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’