STILBAAI NUUS - Laerskool Bertie Barnard het Woensdag 25 Oktober 'n mini-kriekettoernooi vir o. 7- tot o. 9-leerders aangebied.
Melkhoutfontein Primêr, Buffeljags, Heidelberg en Laerskool Volschenk het meegeding teen Bertie Barnard om die sterre van die toekoms te slyp.
Na 'n harde middag se aksie is die spelers moeg, maar gelukkig huis toe.
Lila Olivier van Bertie Barnard boul onder die wakende oog van Jan Volschenk, onderwyser by Bertie Barnard.
Nico Pretorius van Bertie Barnard kry sy rigting.
D'Neel Schoeman van Bertie Barnard loods 'n gevaarlike boulaanval.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’