RIVERSDAL NUUS - Eugene Saayman van Voorwaarts Primêr het die naweek van 15 en 16 September 'n eerste plek verower vir seuns o. 8 tydens die ASA landloopbyeenkoms in Rustenburg.
Hy is nou die beste in die land in sy ouderdomsgroep.
"Ons as skool en gemeenskap is baie trots op hom en sy uitmuntende prestasie. Baie dankie aan mnr. Basil Abelse wat die afrigting doen en so hard werk om ons leerders so pragtig te laat presteer," sê Collene Onrust namens die personeel en leerders.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'