Update
HESSEQUA NUUS - Die 19de Vlakte-marathon, aangebied deur Langeberg-atletiekklub sal vanjaar op Saterdag 23 November plaasvind.
Die unieke roete strek vanaf Heidelberg na Witsand, waar van die mooiste gedeeltes van Hessequa gesien kan word.
Deelnemers kan tussen vier items kies, naamlik 42,2 km (begin by Hoërskool Heidelberg om 05:00), 21,1 km (begin by Soutpan om 06:00), 10,4 km (begin by Laerskool Vondeling om 07:00) en die 5 km-pretdraf (begin by die Groenstoor, 2 km uit op die R323 om 08:00). Die eindpunt is die Witsand-swemgebied.
Die geleentheid is 'n groot inspuiting vir toerisme en plaaslike besighede en beloof 'n genotvolle wedloop vir die hele gesin met lekker musiek, waterpunte en kosstalletjies.
Alle geld wat deur die marathon ingesamel word, sal aan KANSA geskenk word. Vir navrae kan Nico Steyn (voorsitter) by 083 226 3091 of 028 722 1192 geskakel word. Besonderhede is ook aanlyn by www.aswd.co.za beskikbaar.
Lees 'n vorige artikel hier: Die vlaktes wink
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'