STILBAAI NUUS - Ná al die feesvieringe het parkrun-entoesiaste Saterdag, 3 Januarie, weer met alle mag hulle opwagting gemaak by Stilbaai se 206de parkrun.
Altesaam 440 deelnemers van alle ouderdomme het opgedaag om hierdie pragtige roete te draf of te stap.
Phillip Maree het, soos die afgelope paar weke, van begin tot einde die voortou geneem en was weereens eerste oor die wenstreep met 'n tyd van 18:58.
In die tweede plek was Ruben Claassen van Pretoria met 19:55, gevolg deur Shaun van Zyl in die derde plek met 'n persoonlike beste tyd van 20:36.
Aliyah Bennett se tyd van 21:33 het haar as die eerste vrou oor die wenstreep laat eindig.
Die tweede vrou tuis was Leandri Claassen van Pretoria met 'n tyd was 21:46. Haar seun, Ruben, was die tweede man oor die wenstreep.
Derde onder die vroue was Stilbaai se Katja Nothnagel met 'n tyd van 23:17.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’