STILBAAI NUUS - Die 128 ste Stilbaai Parkrun het vanoggend, 29 Junie, 'n goeie 194 deelnemers gelok.
Die weer het pragtig saamgespeel en is voorafgegaan deur 'n bloedrooi sonsopkoms oor Lappiesbaai.
Nicolaas Steenekamp het eerste klaargemaak en die eerste meisie, Katja Nothnagel, was in die negende algehele plek.
Stilbaai se parkrun is uiters gewild en mense ry van ver om hier te kom deelneem.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’