STILBAAI SPORT NUUS - Ongeveer 80 deelnemers het Saterdag 29 Junie aan die Kasselshoop Farm Run/Walk deelgeneem en almal, insluitend ’n 82-jarige en vierjarige, het op eie stoom klaargemaak.
Die gewilde hardloop/staproete op die plaas Soebattersvlakte is na die goeie reëns van die afgelope paar maande in groen getooi.
Dit het dalk as ekstra aansporing gedien vir die uitstekende tye wat behaal is.
Gurswin Jones het in 21 minute gewen, met Frik Maree in die tweede plek en Geoffrey Prins derde kort op sy hakke by die eindstreep.
Die volgende Farm Run/Walk vind op Saterdag 27 Julie plaas.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'