OUDTSHOORN NUUS - Die 21.1 km-halfmarathon is 'n uitdaging wat die mooiste van die Meiringspoortvallei uitlig.
Vir diegene wat deel van die aksie wil wees, maar nog nie gereed is vir die volle halfmarathon nie, bied die 12.5 km ook steeds 'n stewige uitdaging.
• Die provinsiale en plaaslike owerhede, het as deel van 'n proefprojek, toestemming verleen dat die poort vir die eerste keer ooit vir die marathon van 05:00 tot 11:00 op 11 Oktober gesluit sal wees.
• Deelnemers wat van Prins Albert en Beaufort-Wes met eie vervoer ry sal tot 06:00 toegang deur die poort hê.
• Geen privaat voertuie, troeteldiere of fietse sal in die poort toegelaat word nie.
Hierdie maatreëls is ingestel om verkeersvloei, veiligheid en die algemene ervaring vir deelnemers te verbeter.
Met die fokus op volhoubare groei en plaaslike ekonomiese voordeel, is die aantal deelnemers vanjaar verhoog. In totaal het 3 521 atlete ingeskryf, 1 502 op die 12.5 km en 2 019 op die 21.1 km-roete.
Vir die eerste keer is 'n substitution- stelsel ingestel, waar 143 deelnemers van hierdie geleentheid gebruik gemaak het.
Onder die klubs het Nedbank SWD die sterkste vertoon met 143 deelnemers, gevolg deur Team Vitality Gauteng Noord en Team Vitality Wes-Kaap met onderskeidelik 41 deelnemers elk.
Die feesvieringe begin reeds Vrydagoggend, 10 Oktober, van 11:00 tot 21:00 met 'n egte plattelandse basaar.
Vanaf 17:00 is daar 'n heerlike steakaand waar deelnemers en ondersteuners saam kan kuier. Daar sal 'n kontantkroeg en lewendige vermaak wees, die perfekte manier om in die Meiringspoort-marathongees te kom!
Wat in 1993 begin het as 'n beskeie droom van 'n paar entoesiastiese vrouedrawwers wat die plaaspaaie aangedurf het, het oor drie dekades ontwikkel tot een van Suid-Afrika se mees ikoniese wedlope.
Die eerste wedloop, op 23 Oktober 1993, is deur Old Mutual geborg en het slegs 329 deelnemers gelok waarvan 286 dit voltooi het.
- Naomi Burger (68)
- Lizette Fourie (66)
- Jenny Ferreira (60)
- Christel Lourens (59)
- Sunell van Eeden (58)
- Anize Gerber (52)
- Frederick Terblanche (45) • Marelise Visser (43)
- Nic de Greef (43)
- Duwayne Hurn (41)
- Philna de Villiers (36)
- Gabriel Buchalter (32)
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’