RIVERSDAL NUUS - Die skool het twee spanne vir die gesogte Bredasdorp-atletiekbyeenkoms ingeskryf wat die naweek van 21 Oktober aan die mees suidelike punt van Afrika, Bredasdorp aangebied is.
'n Totaal van 75 spanne van sover as Bloemfontein en Namibië het aan die kompetisie deelgeneem.
Die Oakdale-atlete het baie goed presteer met die A-span wat 'n 10de plek en die B-span 'n 26ste plek uit behaal.
Dit is veral die o.14-atleet Simeon Oosthuizen, wat as die vierde beste junior atleet op die byeenkoms aangewys is.
Hy verwerf 'n eerste plek in die 300 m-hekkies met 'n tyd van 39,35 sekondes wat ook 'n nuwe byeenkomsrekord is, asook 'n derde plek in die 100 m en tweede plek in die 110 m-hekkies.
Oakdale behaal 'n eerste plek, vier tweede plekke en ses derde plekke.
Die atlete neem eerskomende naweek op Moorreesburg, asook Oudtshoorn deel.
Presteerders
• Seuns o.14: Simeon Oosthuizen, eerste - 300 m hekkies; tweede - 100 m hekkies en 200 m; derde - 100 m.
• Seuns o.15: Roann Joubert, tweede - spiesgooi; Corné Rahl, derde - gewigstoot; Zander Raubenheimer, derde - diskus.
• Seuns o.17: Zach Stander, tweede - gewigstoot; Henco Beukes, derde - spiesgooi; Josha Lawson, derde - gewigstoot en diskus.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'