STILBAAI NUUS - Lee-Olin Serptember, 12-jarige leerder van Melkhoutfontein Primêr, is op Vrydag 1 Desember 2023 deur Atletiek SWD vereer met die toekenning as ASWD Landloop Manlike Atleet van die Jaar. Dit was by 'n spoggeleentheid in die Protea Hotel in George.
Wat hierdie toekenning so merkwaardig maak is dat dit oor alle ouderdomsgroepe strek.
Lee-Olin het die Wes-Kaap alreeds twee jaar agtereenvolgens by die Nasionale Landloop Kampioenskappe verteenwoordig, waar hy hom baie goed van sy taak gekwyt het.
Hy is ook as Melkhoutfontein Primêr se Sportman van die Jaar vir 2023 aangewys en daar word nog groot dinge verwag van hierdie uitstaande atleet.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’