RIVERSDAL NUUS - Die skool het op 24 Januarie saam met ouers, die ouer onderwysvereniging (OOV) en beamptes die reën trotseer en vanjaar se besige sportkalender met 'n suksesvolle kleure-atletiekbyeenkoms afgeskop.
Seeff Riversdal het as hoofborg opgetree.
"'n Groot woord van dank en waardering gaan aan Willie Janse van Rensburg en Francelle van der Merwe.
"Dankie aan elke OOV- en personeellid, sowel as al die beamptes wat sy of haar tyd opgeoffer het om die dag seepglad te laat verloop.
"Elke Vollie het met oorgawe deelgeneem om seker te maak dat hulle vir hul span die wenpunt kon verseker, maar op die einde van die dag was dit die Blouspan wat met die beker weggestap het," het Danie van der Mescht, skoolhoof gesê.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'