STILBAAI NUUS - Die Lappiesbaai 10 kilometer strandwedloop in Stilbaai het Sondag 24 Desember in perfekte weer plaasgevind.
Talle drawwers het vroegoggend op die hoofstrand bymekaar gekom vir 'n vyf- en tien kilometer strandwedloop.
Dit is gehou ten bate van Jagersbosch Gemeenskap Dienssentrum aangesien die staat hulle subsidie onverwags in die jaar met R900 000 gesny het.
Die wenner van die 10 kilometer wedloop was Danté Raath van Pretoria wat van die begin af voor gehardloop het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’