Gallery
ALBERTINIA SKOLESPORT NUUS - Atlete van die Groen- en Blouspanne het hulle goed van hul taak gekwyt tydens die skool se kleurebyeenkoms op 24 Januarie.
Verskeie rekords is verbeter. Deacon Riddles, Emile Damons en Aschaldo Kiewiet het vir groot opslae gesorg deur elkeen twee rekords te verbeter.
Damons het in die 100 m vir seuns o.17 'n nuwe rekord opgestel met 'n tyd van 11.0 sek en in die 200 m 'n tyd van 23.4 sek Riddles se rekords was in die 100 m, seuns o.15 (11.00 sek) en in die 200 m (24.07 sek). Kiewiet het rekords verbeter in die 200 m vir seuns o.19 (23.4 sek) en 100 m (11.2 sek). Die jong gewigstoot-atleet, Juan-Jaques Bergh van die Blouspan het by gewigstoot vir seuns o.11 'n afstand van 6,53 m aangeteken. Ongelukkig het dit nie so goed met die span gegaan nie en moes hulle maar tweede viool speel.
Die hoof, mnr. Johannes Crowley staan by die atlete wat die beste presteer het. Van links is Rosnique Shand, Matayo Jantjies, Jolandie Daniëls, Deacon Riddles, Jenne-Lique September en Aschaldo Kiewiet.'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'