RIVERSDAL NUUS - Die 11-jarige Eugene Saayman van Riversdal het weer geskitter by die afgelope Suid-Afrikaanse laerskole atletiekkampioenskappe wat die afgelope naweek in Germiston gehou is.
Die inkennige Eugene, 'n leerder aan Voorwaarts Primêr, het die SA titel in die 1200 m vir seuns o.11 vir die tweede agtereenvolgende jaar gewen en daarmee ook 'n goue medalje losgehardloop.
Hy het weereens ’n meesterklas in atletiekvernuf gelewer om wéér as die SA kampioen gekroon te word.
Dat daar ’n blink atletiektoekoms op dié mannetjie wag, is gewis.
Sy groot droom om eendag aan die Olimpiese Spele deel te neem, wink.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’