RIVERSDAL NUUS - Dis weer skole-atletiekseisoen in Hessequa en bykans al die skole bied vandeesweek hul kleure-atletiekbyeenkomste aan.
In Riversdal het Laerskool Volschenk s'n Dinsdag by Hoërskool Langenhoven plaasgevind terwyl Hoërskool Langehoven se velditems Woensdagmiddag 22 Januarie afgehandel is. Hul baannnommers kom vandag aan die beurt en sal om 16:00 deur die gebruiklike optog van die verskillende spanne voorafgegaan word.
Laerskool Voorwaarts se byeenkoms is Saterdagoggend by die Riverville-stadion.
Met die temperatuurmeter wat in die middel tot laat dertigs loop draai, gaan dit nogal uithouvermoë en koelkoppe van die atlete verg om topvertoninngs te lewer. Dis veral in die middelafstande waar die seuns en dogters tot die uiterste getoets gaan word.
Maar Hessequa se atlete is taai en al deeglik deur die son gebrei.
In die velditems en die kort naellope kan ouers en toeskouers puik vertonings verwag.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’