RIVERSDAL NUUS - Leerders het Maandag, 24 Januarie hul talent op die atletiekbaan ten toon gestel.
Afgesien van puik prestasies was die borrelende gees en entoesiasme wat daar onder die atlete geheers het, opmerklik.
Dirigente van beide die spanne was slaggereed om hul span tot oorwinning te lei.
Items wat uitgestaan het, was verspring o/17 waar Rayline Alberts die verspringrekord van C Genis van 6.48m na 'n goeie afstand van 6.56m verbeter het. Hierdie rekord is in 2002 opgestel.
Die senior victor ludorum met 'n totaal van 2 755 punte is deur Righardt Stander ingepalm. Wayne Ganniwa is vanjaar die junior victor ludorum. Hy versamel 2 694 punte volgens die ASA-tabel.
Die Blouspan se 691 punte teenoor die Rooispan se 632 het vir 'n oorwinning gesorg.
Die senior victor ludorum is deur Righardt Stander ingepalm.
Die Rooispan-dirigente is vas oortuig dat hulle die oorwinning kan behaal.
Die Somer-interskole tussen Oakdale en Boland Landbou vind vanaf 3 tot 5 Februarie op die terrein van Hoër Landbouskool Oakdale plaas. Leerders van beide skole ding mee in atletiek, krieket en tennis.
Die uniekheid van die interskole is reeds daarin geleë dat so veel as moontlik leerders die geleentheid tot deelname gebied word.
Die o.15- en o.19-tenniswedstryde word op Donderdag, 3 Februarie op die skool- en dorpsbane gespeel, terwyl agt krieketspanne Vrydag, 4 Februarie mekaar die stryd aansê op die kolfblad.
Die interskole-atletiekbyeenkoms word Saterdag, 5 Februarie op Oakdale aangebied en beloof om pragtige prestasies op te lewer.
Wayne Ganniwa is die junior victor ludorum.
Die Blouspanse dirigente, vol entoesiasme vir die kleurebyeenkoms.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'