STILBAAI NUUS - Alle paaie lei Saterdag, 7 Februarie, na die dorp se sportveld in Stilbaai wanneer die twee plaaslike laerskole mekaar op die atletiekbaan die stryd aansê.
Laerskool Bertie Barnard het Donderdag en Vrydag hul kleuresport aangebied, terwyl Melkhoutfontein Primêr Vrydag hul beurt gehad het.
Albei skole het met indrukwekkende pragvertonings en sterk deelname vorendag gekom, met verskeie skoolrekords wat in die proses verbeter is.
Dit dek die tafel vir 'n uiters opwindende tweestryd, met veral die baanitems wat groot belangstelling beloof.
Na afloop van Saterdag se byeenkoms sal 'n gekombineerde span uit die twee skole saamgestel word om Stilbaai te verteenwoordig by die Hessequa-streeksbyeenkoms.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’