Gallery
HESSEQUA NUUS - Hoërskole in die streek het Dinsdag 13 Februarie by ‘n atletiekbyeenkoms hulle staal gewys by die Riverville-stadion.
Jong atlete het alles in die stryd gewerp vir ‘n plek in die groep wat Saterdag op Oudtshoorn deelgeneem het.
Die o.17-verspringatleet, Devandré Albertyn van Gerrit du Plessis Senior Sekondêre skool het die aandag getrek wat die rekord van 6.00m na 6.21m, en net daarna weer met 6.22m verbeter het.
Die o.17 hoogspringer, Blake Morgan van Hoërskool Heidelberg het ook beïndruk met ‘n hoogte van 1.91m.
Philip Kleynhans van die Hoër Landbouskool Oakdale het in die diskus-afdeling vir seuns o.15 gewen met ‘n afstand van 51.77m.
Ashin Oortman van Hoërskool Albertinia het die spiesgooi vir seuns o.17 gewen met ‘n afstand van 42.33m.
ARTIKEL: HEINRICH FORTUIN, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'