GOURITSMOND - Die Gouritsmond-biblioteek sal van 1 tot 3 Desember gesluit wees om ’n provinsiale bateopname te doen.
Die tydelike sluiting is nodig om die verifikasieproses af te handel. Die biblioteek sal daarna sy gewone dienste hervat.
Hessequa-munisipaliteit vra inwoners om verskoning vir enige ongerief wat die sluiting mag veroorsaak en bedank die gemeenskap vir hul begrip en samewerking.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’