STILBAAI NUUS - Die o.13-krieketspan van Laerskool Heidelberg het Donderdag besoek afgelê by Laerskool Bertie Barnard in Stilbaai vir die laaste wedstryd van die 2025-seisoen.
Bertie Barnard is eerste ingestuur om te kolf en het in hul toegelate 20 kolfbeurte 163 vir die verlies van ses paaltjies gehad.
Heidelberg het geantwoord met 'n telling van 122 vir die verlies van sewe paaltjies in hul toegelate 20 kolfbeurte en Bertie Barnard wen dus met 41 lopies.
Migael van Zyl was Bertie Barnard se topkolwer met 'n totaal van 56 lopies, wat sewe viere en twee sesse ingesluit het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’