STILBAAI NUUS - Die hoofseun en -meisie van Melkhoutfontein Primêr is Donderdagaand, 13 November, tydens hulle toekenningsaand aangekondig.
Die leerders het behoorlik die dak van die Ruby Flores-skoolsaal laat lig toe die skoolhoof, Graeme Cuttings, aankondig dat Elron Hartnick en Roslin Jansen die hoofseun en -meisie vir 2026 is.
'n Groot verantwoordelikheid rus op hierdie twee leiers om toe te sien dat die leerders se dissipline van hoogstaande gehalte is.
Mnr. Cuttings het dit duidelik gemaak dat hulle daarna streef om die skool 'n sentrum van uitnemendheid te maak en hierin speel die hoofleiers 'n kardinale rol.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’