STILBAAI NUUS - Die Voëlgroep van Stilbaai is besig om die voëlskuiling by die oksidasiedam oppad na Skulpiesbaai en die visvywers op te gradeer.
Fase een is nou afgehandel en is oop vir die publiek.
Donderdag 22 Februarie vanaf 14:00 tot 18:00 is almal welkom om die voëlskuiling te besoek en meer te leer oor die skuiling en voëlkyk as 'n stokperdjie.
Die pragtige kinderkuns deur kinders van Laerskool Bertie Barnard en Melkhoutfontein Primêr het ereplekke in die skuiling en daar is ook heelwat pragtige foto's.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’