STILBAAI NUUS - Die hawemuur by Stilbaai het oud en jonk besig gehou gedurende die Desembervakansie.
Van vroeg tot laat het van jong kannetjies tot heelwat ouer mense probeer visvang en behalwe vir die talle blaasoppies het daar ook heelwat haaie die hoek gevat.
Tydens hoogwater en veral met springgety het die dapperes die reusegolwe wat oor die muur gekom het aangedurf.
Ander het weer by die ligtoring van die hawemuur afgespring en geduik en selfs tot by die visvywers of verby steentjie geswem.
Toeskouers was daar baie, want hulle het daar gesit met 'n paar pannekoeke en koffie om al hierdie manewales gade te slaan.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’