HEIDELBERG NUUS - Beide skole in dié dorp, Kairos Senior Sekondêr en Hoërskool Heidelberg het net-net die goudpot met hul 2024-matriekuitslae gemis.
Hoërskool Heidelberg (HSH) kon met sy 95.5%-slaagpersentasie nie daarin slaag om vir die derde agtereenvolgende jaar die 100%-slaagsyfer te handhaaf nie. Een uit die 22 leerders het gefaal om die wenstreep oor te steek.
Kairos het ook met sy 97.3% naelskraap die spogteiken van 100% misgeloop. Hier was twee leerders uit die 74 leerders wat nie die paal gehaal het nie.
Beide toppresteerders van die skole, Chadwin Paardewagter van HSH (73%) asook Jodie Basson van Kairos (70.6%) beplan om verpleegkunde aan die Universiteit Wes-Kaapland te studeer.
Kairos Senior Sekondêr se topdrie leerders is van links: Renique April (2de), Jodie Basson (1ste) en Asheeqah Booysen (3de)..
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’