HESSEQUA NUUS - Adv Thys Gillomee, wat sedert 1 Desember 2016 Mosselbaai se munisipale bestuurder was en wie se kontrak vanjaar op 30 November sou verstryk, is as Hessequa se munisipale bestuurder aangestel.
Gillomee was vroeër vanjaar vir 'n ondersoek van seksuele teistering geskors. Hy het egter ooreengekom op die bepalings om sy dienskontrak op 13 Julie te beëindig.
Die uitvoerende burgemeester van Mosselbaai het daarna aan Suid-Kaap Forum se susterskoerant, die Mossel Bay Advertiser gesê dat Giliomee 'n stabiele administrasie met buitengewone hoë standaarde van munisipale dienslewering nalaat.
Hessequa-munisipaliteit se Raad het op die Forum se navraag bevestig dat Gillomee met ingang 1 Januarie 2022 as munisipale bestuurder aangestel is ‘na alle wetlike prosedures gevolg is.’
• Lees die volledige berig in die week se uitgawe, of besoek ons webtuiste by www.suidkaapforum.com
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'