HESSEQUA NUUS - Die plaaslike munisipaliteit het 'n algehele derde plek in die Wes-Kaapse Groenste Munisipaliteit-kompetisie behaal en 'n prysgeld van R50 000 ontvang.
Die Wes-Kaapse departement omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning het Maandag 27 November tydens 'n seremonie in Somerset-Wes erkenning aan Wes-Kaap munisipaliteite gegee wat ernstig is oor vergroening.
Hessequa het spesiale toekennings ontvang vir leierskap, mees konsekwente munisipaliteit en stedelike verfraaiing.
Die munisipale bestuurder, Johan Jacobs, het gesê dat die prestasie 'n spanpoging is en elkeen betrokke word vir hul bydrae bedank.
Grant Riddles, uitvoerende burgemeester, het gesê dat dit 'n bewys is van die raad se verbintenis tot die beskerming en bewaring van die omgewing.
Swartland-munisipaliteit was eerste by plaaslike munisipaliteite en Overstrand tweede. Eden-distriksmunisipaliteit het eerste in die streekowerhede-kategorie gekom.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'