MOSSELBAAI NUUS - 'n Sakeman, oud-onderwyser en voormalige Media24-werknemer is vanmiddag by 'n sielkundigde se praktyk op Hartenbos in hegtenis geneem.
Speurders verbonde aan die Wes-Kaapse polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe het vanaf Kaapstad gery om hom in hegtenis te neem.
Die 55-jarige man word aangekla van seksuele aanranding, en na wat verneem word het verskeie mans sake teen hom aanhangig gemaak.
Hy sal vermoedelik Donderdag in 'n landdroshof in Kaapstad verskyn.
Die man se ma woon op Reebok.
Bron: Susterskoerant, Mossel Bay Advertiser
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'