Luidens dokumente wat Donderdag in sy tugverhoor deur Prasa in Johannesburg bekend gemaak is, het hy voordeel van R15 187 640 daaruit getrek.
Mtimkulu, wat nie vir sy verhoor opgedaag het nie, word aangekla van “growwe oneerlikheid, bedrog en skade wat hy Prasa se reputasie berokken het”.
Luidens Prasa se amptelike dokumente het Mtimkulu volgehou hy het ’n diploma in meganiese ingenieurswese aan die Vaal-Universiteit van Tegnologie (VUT) en ’n graad in meganiese ingenieurswese aan die Universiteit van die Witwatersrand verwerf.
Hy het ook volgehou hy het ’n meestersgraad en ’n doktorsgraad in ingenieurswese aan ongespesifiseerde instellings verwerf.