Prasa wou dié peperduur lokomotiewe, wat vir R600 miljoen uit Spanje aangekoop is, ten volle teen einde Augustus in gebruik neem, maar minstens ses is tans buite werking.
Nóg ’n lokomotief het in die Kimberley-werf ontspoor kort nadat ’n passasierstrein wat deur een van dié lokomotiewe getrek is, verlede maand in die Noord-Kaap ontspoor het terwyl dit passasierswaens gesleep het.