Rikus Strydom (22) het Maandagoggend omstreeks 05:30 in Bothalaan gedraf toe hy getref is.
“Ek gaan draf juis vroeg omdat daar dan min verkeer is,” sê Strydom.
Hy het aan die kant van die pad gedraf toe hy deur ’n wit Volkswagen Citi Golf getref is en deur die voorruit getrek het.
“Ek het in Bothalaan gehardloop binne die geel streep. Toe ek weer sien, was ek met helfte van my lyf in ’n kar.”
“Dit het gevoel asof die bestuurder redelik vinnig gery het, want ek onthou hy het nie dadelik gestop nie.”