HOFMEYR NUUS - Die gemeenskap van Hofmeyr is in rou gedompel nadat dit vanoggend bekend geword het dat André Herselman (31), gistermiddag gesterf het na 'n skietongeluk op hul plaas Wilgepos.
Hy was die enigste seun van Willem en Alta Herselman, en hy laat sy eggenote Marisha en twee dogtertjies van 3 jaar en 5 mnde onderskeidelik na asook sy jonger suster Anelda Erasmus en haar gesin.
André was daarvoor bekend dat hy 'n puik Afslaer was, asook 'n kunskenner van formaat wat vir baie jare skilderye bemark het op plesierskepe waarop hy ook wêreldwyd gereis het.
Hy het ook 'n besigheid in Hofmeyr bedryf wat sekuriteitskameras bemark en gemonitor het.
Dié van André foto is Kersdag verlede jaar geneem.
'Ons bring jou die nuutste Hofmeyr, Karoo nuus'