SUID-KAAP NUUSFLITS - 'n Dramatiese wending in die Preston Titus-moordsaak het vanoggend in die streekhof in Oudtshoorn ontvou.
Streeklanddros Retha Pretorius het vir Sixabiso Klip tot 15 jaar gevangenisstraf op die klag van moord gevonnis.
Hy het vandag as deel van sy pleitooreenkoms skuldig gepleit op die klagte teen hom en onderneem om teen sy medebeskuldigde, Justice Mooi, sowel as die ander verdagtes vir wie lasbriewe uitgereik is, te getuig.
Hy is ook 2 jaar gevonnis vir die besit van 'n gevaarlike wapen.
Dié vonnis loop saam met die vonnis van 15 jaar.
Lees meer op ons suster koerant, Oudtshoorn Courant.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Klein Karoo nuus'