Update
OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorniete was Saterdag, 24 Augustus saam in rou met die begrafnis van wyle 7-jarige Ashwin Jonkerman by die Sewendedagadventiste Kerk in Bridgton.
Tydens 'n huldeblyk is verwys na die engelkind wat sy kort skoolloopbaan by Mickey Mouse Kleuterskool begin het, en voor sy moord, 'n leerder van De Villiers Primêre skool was.
In haar huldeblyk 'n voormalige klasonderwyser van hom, genoem dat Ashwin 'n stil, vriendelike en behulpsame kind was.
"Jy het met klein voetjies groot spore in ons harte getrap."
Ma in hof vir moordklag
Drezene Jonkerman (39), die ma van wyle Ashwin het Vrydag, 23 Augustus in die Oudtshoorn Landroshof op 'n klag van moord verskyn.
Volgens Sers. Chris Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, is die saak uitgestel tot Dinsdag, 27 Augustus.
"Die beskuldigde is in aanhouding en die saak is uitgestel vir regsverteenwoordiging."
Lees meer by www.oudtshoorncourant.com
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’