ABERDEEN NUUS - Drie mense is dood en drie ernstig beseer toe 'n minibus wat vanaf die Wes-Kaap gereis het op die R61 gerol het.
Die provinsiale verkeerswoordvoerder, Charles Bramwell, het gesê die ongeluk het Saterdagoggend omstreeks 04:00 sowat 40km voor Aberdeen plaasgevind.
Daar word vermoed dat 'n band wat gebars het die ongeluk veroorsaak het.
Volgens Bramwell is passasiers tydens die voorval uit die minibus geslinger - 'n bus wat in die teenoorgestelde rigting gery het, het toe glo oor sommige passasiers in die pad gery.
Die ongeluk word deur die Aberdeen-polisie ondersoek.
Inligting verskaf deur ons susterskoerant, Graaff-Reinet Advertiser.
'Ons bring jou die nuutste Aberdeen, Karoo nuus'