HESSEQUA NUUS - Volgens die Outomobiel Assosiasie (AA) sal Suid-Afrika se petrolprysstruktuur dringend hersien moet word.
Dit volg op die skokkende voorspelling dat die brandstofprys in Julie tot meer as R27 per liter kan styg.
Die Sentrale Energiefonds het met sy jongste middel-maand-voorspelling gesê dat 'n verhoging van R1,98 per liter vir 95-loodvrye petrol verwag kan word.
Vir 93-loodvrye petrol kan die verhoging R1,81 per liter beloop en vir diesel tussen R1,43 en R1,44 per liter.
Staatsbelasting staan tans op 33% van die brandstofprys.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'