STILBAAI NUUS - Hierdie talentvolle jong atleet van Laerskool Bertie Barnard het in 2022 as deel van die Wes-Kaapse span aan die nasionale atletiekkampioenskappe vir laerskole deelgeneem.
Hy het dit hierdie jaar weer gedoen en is tans die nommer een spiesgooier in sy ouderdomsgroep in die Wes-Kaap.
Hy het in 2022 die Jong Arende o. 12-rugbyspan gehaal as skrumskakel en hierdie jaar is hy gekies as skrumskakel vir die Jong Arende o. 13-rugbyspan vir die Cravenweek wat in die Junievakansie in Pietermaritzburg plaasvind.
Uiteraard is sy ouers, familie en vriende baie trots op hierdie seun en ondersteun hulle hom sover hulle kan.
Dit kos sowat R10 000 om sy droom voort te leef. Indien jy hom wil help deur ’n donasie te maak stuur ’n WhatsApp na 082 698 3881.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’