STILBAAI NUUS - Die gemeenskapsaal in Melkhoutfontein was Maandagaand, 20 Oktober, amper stampvol toe Raadslid Reneé Davids terugvoer gegee het aan sy wyk.
Dit was 'n baie lewendige vergadering en dit is baie duidelik dat behuising 'n groot kopseer is vir baie inwoners van Melkhoutfontein.
Hessequa-burgemeester, Grant Riddles, en Davids moes bontstaan om te verduidelik hoekom almal nie op een slag geholpe kan raak nie.
Daar is alreeds 300 huise gebou en oorhandig en Asla gaan middel Januarie 2026 begin met nog 40 huise.
Ongelukkig word daar nog baie onwaar stories versprei en dit krap die gemeenskap om. Daarom is hierdie terugvoervergaderings belangrik sodat inwoners direk met die regte amptenare en die raad kan kommunikeer.
Daar is ook oor die deernisbeleid gepraat en inwoners word aangemoedig om met hulle vrae en bekommernisse na die munisipale kantoor te gaan en nie by die huis te sit en kla nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’