STILBAAI NUUS - Die omgewing rondom Stables by Stilbaai was die naweek van 26 en 27 April omskep in 'n bergfiets mekka toe IALA die Windpomp MTB uitdaging aangebied het.
Saterdag 26 April het die marathon nommers oor 20, 51 en 61 kilometer plaasgevind.
Die mans ope oor 20 kilometer is gewen deur Frikkie Malan in 'n tyd van 56 minute, 22 sekondes en die vroue ope deur Renthea Lindeque met 'n tyd van 1 uur, 37 minute en 45 sekondes.
In die 51 kilometer kategorie het Stephen Roth die senior mans item gewen in 'n tyd van 02.05.04.
Die 61 kilometer afdeling het vir heelwat opwinding gesorg en uiteindelik het Ryno Owen die elite mansren gewen in 'n tyd van 2.07.02.
Die elite vrouewenner was Andrea Scoffman met haar tyd 2.21.40.
Volledige berig volg later in die gedrukte weergawe.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’