RIVERSDAL NUUS - Die sterk wind wat sedert die afgelope naweek in Riversdal gewoed het, het ook sy tol op die gholfbaan geëis waar ses tamaai groot bome omgewaai het.
Op die tweede putjie het twee ou grotes omgekantel en naby die setperk, ook op die tweede putjie, leun nog 'n knewel kwaai oor met sy wortels wat al uit die grond begin lig het.
'n Plaaslike nutsman, Chris van Schalkwyk, is druk besig om die bome op te saag en te verwyder.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’