HEIDELBERG NUUS - ‘n Plaaslike myn buite Heidelberg het met hul onlangse opleiding vir hul werkers, ook personeel van drie kleuterskole by hul noodhulpopleiding ingesluit as deel van hul sosiale verpligtinge teenoor die gemeenskap
Die opleiding is deur Donovan Booysen van Safetech gefasiliteer. Hy het verskeie aspekte van die belangrikheid van basiese noodhulp aan die 10 deelnemers uitgewys, maar veral klem gelê op die nodige prosedure wat gedoen moet word as hulle slagoffers wil bybring wat in noodsituasies beland.
Mond tot mond asemhaling is aan die deelnemers uitgewys, asook hoe om te bepaal wat die slagoffer se polsslag is.
Tydens die toepassing van die drie verskeie aspekte om polsslagtelling te bepaal is na die RCB terme uitgewys: ‘Radial’ is om die gewrig se polsslag te toets, ‘Carotial’ word by die nek toegepas en ‘Brachal’ word gewoonlik op babas jonger as een jaar op hul arm toegepas.
Dit, volgens Booysen is die belangrike stappe wat gedoen moet word voordat enige ander stappe oorweeg word om die slagoffer te stabiliseer.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
Dit is belangrik om die teorie ook prakties toe te pas. Foto: Clive Pretorius
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'