SUURBRAAK NUUS - Daar word dringend gesoek na Johan ‘Jorsie’ Titus (47). Jorsie soos hy alombekend is, is sedert vroeg Donderdagoggend, 17 Julie, vermis.
Volgens sy familie het hy net weggeraak sonder enige aanduiding waarheen hy sou gaan.
Hulle is baie bekommerd aangesien hy op medikasie is wat hy daagliks moet gebruik om sy geestestoestand stabiel te hou.
Enigiemand wat weet waar Titus hom bevind, kan met Anthea Titus by 076 348 3107 of die Suurbraak-polisie by 028 522 8000 skakel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’