HEIDELBERG NUUS: Groot opgewondenheid, dog ook angstigheid, het Saterdagmiddag net na 13:30 in Mervyn Josephstraat geheers toe die nuus van ’n onvriendelike gas in ’n erf die buurt bereik het.
Dié gas, ’n 1,5 m lange Kaapse kobra, het hom glo tuisgemaak tussen ’n magdom ongebruikte halwe bakstene langs die huis.
Die woning is nie ver van ’n stuk beboste veld net onderkant Kairos Senior Sekondêre Skool nie.
Die plaaslike munisipale wetstoepassing is in kennis gestel, en twee lede, Conray Saayman en Darren Willemse, het die gevaarlike spesie in ’n japtrap opgespoor en verwyder.
Inwoners word gewaarsku om asseblief hul erwe vry te hou van onnodige rommel wat maklike skuiling aan slange en ander onwelkome gediertes bied.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’