STILBAAI NUUS - Die nuwemaan springgety bereik sy hoogste punt op oujaarsdag en dit kan baie pret wees, maar is ook gevaarlik.
Springgety is wanneer die getye heelwat hoër en laer is as gewoonlik en vakansiegangers moet let op die gevare.
Swemmers moet slegs op afgebakende plekke op die strand swem, want die getystrome is baie sterker as gewoonlik.
Vissermanne moet bedag wees op hoogwater, want jy wil tog nie op die rotse vasgekeer word nie.
Stappers moet hulle roetes so beplan dat hulle nie afgesny word deur die hoogwater nie.
Die belangrikste is egter, veral op oujaarsdag, dat drank en water nie meng nie.
Geniet oujaar, maar moenie dat dit in 'n tragedie ontaard nie.
Die NSRI noodnommer is 087 094 9774.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’